Lewensredders vir moderne ouers

CD's en DVD's vir kleintjies

Vir ’n bietjie onskuldige vermaak (en rus vir jou siel) is kinderliedjies en -stories op CD en DVD baie nuttig. Veral wanneer jy met vakansie ry, bied ’n DVD-speler lekker a¬eiding. DVD’s soos Carike In Kinderland, Lollos of Jak de Priester se Myne! Myne! Myne! is opvoedkundig én vermaaklik. Kyk op iTunes – daar is talle om van te kies.

'n Betroubare oppasser of babawagter

Dis nie altyd moontlik – of wys – om 24 uur van die dag, sewe dae per week na jou eie kind om te sien nie. Wanneer jy graag wil of moet werk of net ’n broodnodige aandjie af wil hê, is die gerusstellende wete dat jou bloedjie by ’n betroubare oppasser kan bly, goud werd. Deesdae is uitstekende kursusse vir kinderoppassers beskikbaar wat alles van kinderontwikkeling tot kindvriendelike kookkuns en noodhulp dek.

Kindervriendelike restaurante

Jy hoef lankal nie meer te kies tussen kindervriendelike restaurante en lekker kos nie. Verskeie eetplekke is ingerig om babas en kinders te vermaak (dikwels teen ’n tarief) én lekker kos voor te sit. Soms is daar selfs ’n haarsalon, oefengeriewe of gratis wi op dieselfde perseel beskikbaar.

Stootwaentjies

Met hedendaagse stootwaentjies is uitstappies maklik en gerie¬ik. Die waentjies word al ligter en makliker om te beheer met wiele wat draai, goeie vering, bande, en remme. Hulle vou dikwels met een hand op, en het allerhande geso stikeerde kenmerke.

Oor-die-toonbank-medikasie

In die middel van die nag is jy maar te dankbaar vir veilige middels wat jy met ’n geruste hart kan gee. Ja, vitamienstrope, krampwater en koorspenne kom baie nuttig te pas as jy onverwags ’n situasie moet beredder. Apteke wat a¬ewer en voorskrifte vooraf regkry spaar ook baie tyd en beslommernis.

Mammagroepies

Toegegee, mamma-en-baba-groepies is dikwels meer van ’n a¬eiding vir ma’s as vir babas, maar dit bly steeds waardevol. Dit kan wissel van inskakeling by ’n formele mammagroepie of ’n informele groep wat by ’n kerk of elders bymekaarkom vir ’n weeklikse koppie tee of Bybelstudie.

Of dit kan net ’n paar mammas in jou buurt of kompleks wees wat vir ’n daaglikse stap-en-geselsie ontmoet. Ongeag die opset is dit ’n gesonde manier om uit die huis te kom en alternatiewe stimulasie te kry. Dis ook lekker om nuwes ma’s te ontmoet terwyl jy daardie middagure wat soms bitter lank raak, konstruktief verwyl.

Slimfone

Kan jy jou hoegenaamd ’n lewe indink sonder jou slimfoon en die internet? Veral sosiale netwerke en toeps het moderne ma’s se lewe baie makliker gemaak.

Jy hoef ook glad nie meer rond te skarrel op soek na jou kamera wanneer jou kroos iets ouliks aanvang nie. Haal net jou foon uit, neem ’n foto’tjie of 20 en deel dit blitsig op sosiale netwerke met vriende en familie.

’n Kitsboodskap-toepassing soos WhatsApp is ook heerlik vir ma’s en vriendinne wat wil gesels of mekaar bemoedig. Toepassings soos gratis speletjies vir baba van Fisher Price is ook nuttig wanneer jy daardie blaaskansie dringend nodig het.

Motorstoeltjies

Dink net hoe jou ma gesukkel het met kleintjies wat rondrol of op en af hop terwyl sy probeer bestuur. Vandag het jy meer gemoedsrus en vertroue om die dikwels gevaarlike paaie en padvarke aan te durf omdat jy weet jou baba of kleuter is veilig in haar stoeltjie vasgegespe.

Die internet

Jy weet maar alte goed dat Dr. Google nie altyd akkurate inligting gee nie, maar wanneer jy baba-items wil vergelyk, aanlynmamma-forums wil besoek of inspirasie soek op Pinterest, is die internet tops. Skype-oproepe gee jou en jou kind ook die geleentheid om met vriende en familie wat ver woon in aanraking te bly.

Traphekkies

In ’n tekenprent is iemand wat by trappe aftuimel dalk skreeusnaaks, maar in werklikheid is dit elke ma se nagmerrie. Dankie tog vir traphekkies wat kleintjies bo of binne hou.

Voorbehoedmiddels

Ongeag hoe oulik jou kind(ers) is, is dit ’n reuse verligting om te weet dat jy nie sommer te maklik ’n ‘glipsie’ kan hê nie. Met die verskeidenheid en betroubaarheid van voorbehoedmiddelsop die mark is daar beslis ’n opsie vir elke paartjie. Tot jy natuurlik weer broeis raak!

Borsdoekies

Lekkende borste kan jou in groot verleentheid bring, maar gelukkig is ’n goeie borsdoekie al wat jy nodig het om hierdie probleem uit die weg te ruim.

Klaargemaakte, gesonde babakos

Dit is natuurlik baie gesond en meer ekonomies om vars, heilsame kos vir baba by die huis te kook. Maar jy het soms ’n blaaskans nodig, of jy is bloot lus om iets saam te neem op ’n uitstappie wat gerie¬ik verpak én gesond is.

Oulike a¬eweringsdienste wat vars of bevrore kos vir babas maak – sommiges selfs organies – kom deesdae ook tot ma’s se redding. Beproef Nutri-Kids (www.nutri-kids.co.za) in Kaapstad of BabyTastes (www.babytastes.co.za) in Johannesburg of Pretoria.

Hou ook jou oë oop vir dieetkundiges, tuisnywerhede en babawinkels in jou omgewing wat bevrore porsies verkoop. Vrugtepuree en maaltye in gerie¬ike vakuumpakkies is besonder gerie¬flik.

Weggooidoeke

Dink maar net aan die dae toe jou ma jouvlapdoeke moes was – dikwels met die hand! En natuurlik moes elke doek spierwit en donssag wees ... Vandag se baba kan tot 12 uur lank met een van hierdie wonderlike uitvindsels aan droog bly.

Immunisasie

Ja, kinders word siek. Immunisasie gee jou meer gemoedsrus wanneer jou kinders tussen ander speel en jy weet dat hulle teen ernstigste siektes beskerm is. Die lys siektes waarteen jy jou kind kan laat inent, word ook deurlopend uitgebrei.

Babamonitors

Wil jy hoor as baba huil? Wil jy hom kan sien ook? Hoewel 'n gesonde baba nie sommer ophou asemhaal nie, kan 'n besorgde ma nou selfs weet of baba nog asemhaal. Daar is ook webkameras beskikbaar sodat jy kan sien wat in 'n ander vertrek of tuis aangaan terwyl jy weg is.

Borspompe

Vandag se goeie elektriese borspompe maak uitmelk vinnig en maklik. Dit gee boonop vir mammas die geleentheid om lank nadat hulle begin werk het, steeds vir baba die voordeel van moedersmelk te gee.

Aanlyn-inkopies

Kosa¬ewering is lankal nie meer ’n ongesonde kitsoplossing nie. Uitstappies na die supermark kan maar bitter uitputtend, ondoeltreffend en spanningsvol wees.

As jy die fooitjie vir die motorwag, die petrolgeld en die pyn en lyding van met jou kind in die supermark stoei bymekaartel, steek die a¬eweringskoste van aanlyn-inkopies glad nie sleg af nie.

Supermarkte lewer af op ’n tyd wat vir jou gerie¬ik is af en dra als tot in jou kombuis! In die meeste stede is daar ook deesdae verskaffers wat weekliks seisoengroente, organiese vleis en suiwelprodukte a¬ewer.

Jy kan selfs teen ’n bekostigbare bedrag beplande en voorafverpakte bestanddele vir jou aandetes bestel, met al die bestanddele reeds geweeg. Vir klere hoef jy ook nie verder te kyk as www.naartjie.co.za en www.spree.co.za nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters