Elizma Theron: "My seuntjie het Kapillêre Hemangioom"

Vandag het sanger Elizma Theron op haar Facebook-bladsy haar babaseun se storie met die wêreld gedeel. In die boodskap sê sy dat mense haar alewig vra waarom hy lyk soos hy lyk, en dat sy graag sy ogie se kondisie verduidelik. 

NJ is gebore met kapillêre hemangioom. Sy skryf dat hy vroeg gebore is maar goed ontwikkel het, met geen teken van 'n rooi vlekkie op sy gesiggie nie. Maar na net 3 dae by die huis het sy gemerk dat sy ogie, voorkop en bolip begin rooi word het.

Die dokter het 'n kapillêre hemangioom vermoed, en later bevestig toe NJ later nie meer sy ogie kon oopmaak nie. Daar is toetse gedoen en hy het bloeddrukmedikasie ontvang om seker te maak sy sig word nie aangetas nie. Dis gewoonlik nie 'n gevaarlike siekte nie, sê sy, en die rooi sal soos hy ouer word kleiner word en waarskynlik verdwyn. 

Lees hoe sy dit in haar eie woorde vertel, hier:

Wat is kapillêre hemangioom?

Hier is die definisie volgens die Amerikaanse Vereniging vir Kinder Oftalmologie en Strabisme se webtuiste:

"'n Kapillêre hemangioom ("aarbei" geboortevlek) is 'n nie-kankeragtige gewas, of 'n abnormale oorgroeisel van klein bloedvate. Kapillêre hemangiomas is meestal nie teenwoordig by geboorte nie, maar verskyn binne die eerste 6 maande. Dit begin verdwyn of kleiner raak tussen die ouderdom van 12 en 15 maande."

Ons dink NJ is te pragtig, Elizma! Baie dankie dat jy jou storie met ons deel!

Is jou kindjie gebore met 'n geboortevlek? Waar is die merkie en wat sê die dokter? Deel gerus met ons! Stuur jou storie aan web@babaenkleuter.co.za. 

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters