Loopring of nie?

Vraag:

My babatjie is nou agt maande en het pas begin kruip. Ek wou ’n loopring koop, maar is deur ’n familielid afgeraai. Sal ’n loopring my baba nie help om te leer loop nie? Is loopringe dan sleg vir babas? Watter ander oefeninge kan ek met haar doen om loop aan te moedig?

Antwoord:

Loopringe help babas nie om te leer loop nie; inteendeel, dis eerder sleg as goed. Kinders word geskape om op ’n spesi¬eke manier te ontwikkel. Ontwikkeling volg ’n spesi¬eke opeenvolgende patroon en dit geld vir hul ¬sieke sowel as emosionele en intellektuele vaardighede.

Jou baba het aanvanklik net sy koppie gelig, toe het hy sy bors opgedruk, daarna hy regop gesit, nou kruip hy en oor ’n paar weke gaan hy hom optrek, langer tye regop staan en eers daarna sal hy sy eerste treetjies gee. Dit alles gebeur wanneer sy spiergroepe die regte oefening gekry het en sterk genoeg is.

Hy het ook teen dié tyd al geleer wat in die wêreld om hom aangaan, en sy verstandelike en emosionele vaardighede sal hom ondersteun wanneer hy begin loop. Wanneer ons babas in ’n loopring tel, moedig ons ’n onnatuurlike looppatroon aan lank voor hulle ¬siek, emosioneel en verstandelik gereed daarvoor is.

Geen wonder die Kanadese regering het in 2007 die gebruik en verkoop van loopringe heeltemal verbied nie. Nie net is babas se veiligheid in gevaar nie, hul spiere ontwikkel nie soos dit moet nie. Dit laat ’n wanbalans in die spiergroepe ontstaan omdat sommige spiere oor- en ander onderontwikkel.

Sommige kinders is meer aan die gang as ander en stel buitengewoon baie in hul omgewing belang. Hierdie kinders noem ek apies. Hul breintjie en ly¬e soek meer stimulasie, maar ’n loopring is nie die antwoord nie.

’n Loopring kan ’n goeie babawagter wees, veral in die laatmiddag wanneer daar vinnig aandete berei moet word. Maar daar is ander maniere om in die behoeftes van jou en jou baba te voorsien. Maak jou huis kruipvriendelik sodat jou baba veilig kan wees en jy nie aanhoudend “nee” hoef te sê nie.

Gee hom genoeg interessante speelgoed wanneer jy agter die potte moet staan soos balle, karretjies, mengbakke, klitsers, maatkoppies en houtlepels. Voldoen aan sy bewegingsbehoeftes deur hom te swaai, in die lug op te gooi en saam met hom kruipspeletjies te speel.

Dis net ’n fase, maar in dié fase moet jou baba die regte stimulasie op die regte tyd kry om optimaal te ontwikkel

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters