Koester jou kind se kreatiwiteit

Dit is belangrik om te weet wat kreatiwiteit is voor jy sal weet hoe om dit te inspireer en te koester. Wat is die definisie van kreatiwiteit? Volgens die internet word dit beskryf as volg: "die gebruik van verbeelding of oorspronklike idees, of die neiging om te genereer of idees te herken." Kleuters en jong kinders is natuurlik kreatief. En daarom is hulle ons grootste onderwysers!

Deur om te kyk hoe jou kind met hul gunsteling speelding speel kan jy waarneem hoe hulle hul verbeelding gebruik deur hulself in hul wêreld van fantasie spel te vermaak. Einstein het gesê dat 'verbeelding is baie belangriker as kennis.' Die goeie nuus is dat deur om jou kind se ingebore verbeelding te geïnspireer genereer jy kreatiwiteit.

Om jou kind se kreatiwiteit te koester en te inspireer is eintlik baie eenvoudig en kan 'n klomp pret vir albei van julle wees. Soek vir items wat reeds in jou huis is wat inspirasie vir kreatiwiteit kan kweek. Byvoorbeeld, kombuis-voorwerpe (bak koppies en lepels), pasta vorms, grane, natuur, herwinde materiaal, boks ou klere as julle soos karakters wil aantrek ensovoorts. 

Kreatiwiteit moet bestaan uit beide beplande en gestruktureerde projekte, asook spontane kuns geleenthede en ook 'n bietjie vrye tyd waar daar geen struktuur of beplanning is nie en jou kind kan net hul kreatiwiteit verken.  

In hierdie artikel sal ek eers 'n paar idees gee rondom hoe jy jou kind se kreatiwiteit kan koester. Ek sal jou ook 'n paar wenke gee om kreatiewe kinders groot te maak. Ek gee dus ‘n paar prettige en eenvoudige kreatiewe aktiwiteite wat hulle kreatiwiteit sal inspireer en vir hul ouderdom geskik is.

  • Skep 'n kuns-area in jou huis waar jou kind kreatief kan wees.  Moedig hulle aan om dinge op ‘n nuwe manier te doen. Moenie verwag dat hulle kuns dieselfde gaan lyk as joune/ander kinders sin nie. Vermy dit om jou kind te bestuur of te beheer wanneer dit kom by die manier hoe hulle iets doen. 
  • Inspireer verbeelding – vra jou kind, "Ek wonder wat sou gebeur as..."
  • Vra jou kleinding om te dink aan ‘n ander einde. Wanneer jou kind 'n boek lees vra hulle wat dink hulle kan hier gebeur of wat wil hulle graag hê moet gebeur?  
  • Valideer en geniet jou kind se kreatiwiteit deur hul kunswerk te vertoon. 
  • Daar moet geen oordeel wees op enigiets wat jou kind skep nie. Daar is geen goeie of slegte of regte of verkeerde manier om dit te doen. Onthou, elke kind verskil en kan dus goed soen soos hulle dit sou doen op hul manier. 
  • Wees bewus van die reëls wat jy mag hê oor hoe dinge gedoen moet word. (Byvoorbeeld, gemors of geen gemors nie – dit kan 'n moeilike een vir baie ouers wees)
  • Gee jou kind verskeie keuses. Byvoorbeeld, die kleure van hul klere of van hul kamer, of kos wat hulle wil kook, en hul keuse van verjaarsdag partytjies. Hierdie is baie belangrik vir selfbekragtiging.   

Let daarop – kinders wat TV kyk of op die rekenaar of selfone (skerms) speel word deur iemand geselskap gehou in plaas daarvan om tyd te bestee aan verbeeldingryke en kreatiewe spel. Ek moedig sterk aan dat skerm-tyd na een tot twee uur per dag beperk word. Anders sal jou kind dit moeilik vind om betrokke te raak by kreatiewe spel en dus dan prikkelbaar en lui word. 

?Myslimkind is Suid-Afrika se voorste program vir Vroeë Kinderontwikkeling (VKO). Kliek hier om aan te sluit by die program.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters