Chané se eerste verjaardag partytjie

Ek het gedink om met julle my dogtertjie se 1ste verjaarsdag partytjie te deel en dalk kan julle dit met die lesers ook deel. Ek koop elke maand die Baba en Kleuter en is mal daaroor as julle partytjies van lesers se kinders daarin sit. 

Ek het besluit om vir haar ‘n lugballon partytjie te hou met die tema: Vlieg hoog, droom groot – dit is ons wens vir haar. 

Al die dekor het ek self gemaak en bymekaar gesit. Baie ure se werk en kreatief wees om die dag perfek vir ons klein prinsessie, Chané te maak. 

Dit is gehou op die 23ste Julie in George by Fancourt.  Die middag is het ons ‘n “Smash The Cake” en “Bath Shoot” gehad. Sy het dit so geniet!!

Venue: Fancourt
Fotograaf: Jackie De Lange Photography

Stuur jou partytjie foto's en stories na web@babaenkleuter.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters