Speel met jou kos

Benodigdhede:

Macaroni of penne

Voedselkleursel

Tou

Gom

Blinkertjies

Plastiekbakke

Gaan só te werk

1. Maak aparte kleure deur so 10 druppeltjies voedselkleursel met ‘n koppie water in ‘n plastiekbakkie vir elke kleur aan te maak.

2. Voeg pasta by en sorg dat dit heeltemal bedek is deur die gekleurde water.

3. Laat dit vir so 3 minute staan (die pasta moenie begin pap raak nie, maar moet van die kleur absorbeer).

4. Plaas dan die pasta op kombuispapier om droog te word. Die stukkies moenie aan mekaar raak nie, anders gaan dit kleef. Sit die pasta in die son sodat dit heeltemal droog word.

5. Smeer dan ‘n bietjie gom aan en rol die pasta in die blinkertjies.

6. Dan kan julle begin om dit aan die toutjies te ryg. Stel kleurpatrone voor of los die kinders om self te kies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters