Tone vol kleur

Gaan stoep toe 

Plak ongedrukte koerantpapier op die stoep. Aan die een kant sit jy ’n vlak bak met waterverf neer. Laat jou kind die kleur kies. Sit ’n dun sponsie daarin sodat jou kind daarin kan trap en nie in die verf gly nie. Aan die ander kant sit jy ’n bak louwarm seepwater neer waarin jou kind haar voete kan was. Sit musiek aan en laat jou kind op die papier dans of net oor die papier loop. Wanneer sy klaar is, help haar om haar voete te was en droog dit af met ’n growwe handdoek.

Maak en raam

Jy kan ook ’n voetafdruk of ’n afruk van albei voete in oulike kunswerke omtower. Vir ’n bietjie inspirasie, besoek
www.pinterest.com/yourparentingza/baba-kleuter-tydskrif/ waar ons ontwerpers van die slimste en kreatiefste idees ge-pin het. Verander jul voetkuns in ’n kitaar, ’n liewenheersbesie of ander goggas, ’n olifant of ’n hasie... daar is talle moontlikhede.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters