Energie-happies met appelkose, sjokolade en neute

  • 400 g sagte, klein droë-appelkose
  • 200 g wit sjokolade
  • 100 g (1 pakkie) neute soos amandels, pekanneute of okkerneute
  • 15 ml (1 e) pampoensaad
  • hawermout
  • 250 ml (1 k) klapper
  • 15 – 30 ml sonneblomsaad
  • 30 ml (2 e) heuning en bruinsuiker
  • 90 ml melk
  1. Verwerk die neute, pampoensaad, hawermout, klapper, sonneblomsaad en heu-ning in ’n voedselverwerker tot fyn. Voeg die melk bietjie vir bietjie by tot die deeg bymekaarkom.
  2. Sny elke appelkoos soos ’n broodrolletjie oop, maar nie heeltemal deur nie. Sit ’n skeppie van die vulsel in die binnekant. Smelt die sjokolade en doop die appel-koos halfpad daarin. Plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is om te set.

Vir die grootmense (met skop!)
Laat die appelkose in twee koppies warmgemaakte brandewyn lê. Dreineer en droog af met kombuispapier voor dit in sjokolade gedoop word.

DROË-APPELKOSE

Appelkosies is dalk klein, maar is propvol voedingswaarde . Dis ’n goeie bron van vesel en kalium. Kalium sorg vir goeie senuwee- en spier-funksionering. Dis ’n uitstekende alternatief vir lekkergoed.

VOLGRAANMEEL

Kies eerder volgraanmeel en -brood. Vesel is noodsaaklik vir ’n gesonde, gebalanseerde dieet. Klein kindertjies onder twee jaar hoef nie ’n volledige volgraandieet te volg nie, maar dis ’n goeie idee om hulle reeds van kleins af daaraan bloot te stel. Vesel sorg vir ’n gesonde spysverteringstelsel en kan ook cholesterol help verlaag. Dit is baie belangrik om genoeg water te drink as jy ’n hoëvesel-dieet volg.

NEUTE EN SADE

Sade soos sonneblom- en lynsaad is supergesonde peuselkos. Dis ryk aan koper en selenium wat baie belangrik is vir ’n gesonde hart en sterk immuunstelsel.

Dit bevat ook vitamien E, wat jou teen kan-ker en hartsiektes kan beskerm. Sprinkel dit oor slaai of oor die kinders se pap. Maal neute en sade vir klein kindertjies fyn om verstikking te voorkom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters