Fop sousji-rolletjies

JY HET NODIG:

Sagte witbrood, korsies afgesny

Drie van die volgende vulsels:

  • Avokado
  • Gladde maaskaas
  • Smeerkaas
  • Hoemoes
  • Mayonnaise
  • Ham
  • Kaas
  • Komkommerrepies
  • Gerasperde wortel

GAAN SO TE WERK

1. Rol ’n sny brood plat en dun uit.

2. Kies drie van die vulselkombinasies wat vir jou lekker klink en smeer of pak dit op die sny brood sodat elk van die vulsels sowat ’n derde van die sny brood bedek. Hou dit dun. Rol die brood dan styf op.

3. Sny drie soesjivormige rolle daaruit.

4. Druk die oop kant vas, of steek dit vas met ’n peuselstokkie. 

Lees meer: 

Kos in 'n kits 

Plaatkoekies 

Koud & lekker: Vrugteroomys

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters