Grenadella-en-suurlemoen-stafies

Bestanddele

Basis

  • ½ k (115 g) Clover Mooi River-botter, sag gemaak
  • ¾ k (100 g) versiersuiker
  • 1 k (140 g) koekmeel
  • ½ t (2,5 ml) sout

Vulsel

  • 1 k (200 g) suiker
  • 2 eiers
  • 1 blikkie (110 g) grenadellapulp
  • 2 e (30 ml) suurlemoensap
  • 1 e (15 ml) fyn gerasperde suurlemoenskil
  • 5 t (25 ml) mielieblom
  • 2 t (10 ml) koekmeel

Om voor te sit

  • 5 t (25 ml) versiersuiker
  • 1 k (250 ml) Clover-room, geklits (opsioneel)

Gaan so te werk

Basis

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 23 x 23 cm-koekpan en voer die bodem met bakpapier uit.

2. Klits die botter en versiersuiker tot lig en donsig. Sif die meel en sout oor en meng tot ’n deeg.

3. Druk die deeg op die bodem van die voorbereide pan vas en prik liggies met ’n vurk. Bak 12 tot 15 minute of tot ’n ligte goudkleur.

Vulsel

1. Klits die suiker en eiers saam. Roer die grenadellapulp, suurlemoensap en -skil by. Sif die mielieblom en meel oor die mengsel en vou dit in.

2. Skep die vulsel op die basis en bak 20 tot 25 minute of tot die vulsel ferm is. Laat afkoel en sny dit in sta es.

3. Sif versiersuiker oor voor dit voorgesit word. Dis heerlik net so, of met geklitste room.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters