Grondboonbotterkoekies

Bestanddele

  • 1/3 k (80g) Clover Mooi River-botter
  • 1/3 k (70g) suiker
  • ½ k (150g) gladde grondboonbotter 
  • 3 e (45ml) esdoring- of gouestroop
  • 1 eier
  • 1/3 k (50g) grondbone, grof gekap 
  • 1¼ k (175ml) koekmeel
  • 1 t (5ml) bakpoeier

Sjokoladeversiersel (opsioneel)

  • ½ k (100g) donker- of melksjokolade 
  • 1 e (15g) Clover Mooi River-botter 

Gaan so te werk

1. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer een groot of twee klein bakplate. 

2. Verroom die botter en suiker tot liggeel en donsig. Voeg die grondboonbotter, stroop en eier by en klits goed.

3. Roer die grondbone by en sif die meel en bakpoeier oor die mengsel. 

4. Meng deur en vorm die deeg in 'n rol. 

5. Bedek dit met kleefplastiek en verkoel 30 minute. Sny die deeg in skywe van ½ cm dik en plaas dit sowat 4cm uit mekaar op die bakplate. Druk die koekies liggies met 'n vurk platter. 

6. Bak dit 10-12 minute of tot bros en gaar. Keer dit op 'n draadrak uit om af te koel. Drup van die sjokoladeversiersel (kyk onder) oor die koekies indien verkies en laat dit heeltemal afkoel. 

Sjokoladeversiersel

1. Plaas die sjokolade en botter in 'n hitterbestande bakkie oor water wat liggies prut. Sorg dat die onderkant van die bakkie nie aan die water raak nie.

2. Smelt die sjokolade en botter, verwyder dit van die hitte en roer tot glad. Skep dit in 'n versierspuitsak en drup daarvan oor die koekies.

Die resep kom uit die boek Beste gebak. 'n Persentasie van die boek se opbrengs word geskenk aan die Clover Mama Afrika-projek.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters