Koekies vir melk: Laktasiekoekies

Bestanddele

  • 125 ml (½ k) sagte botter
  • 325 ml (1½ k) onversoete grondboonbotter
  • 325 ml (1½ k) muscovadobruinsuiker
  • 3 eiers
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
  • 1 ml (¼ t) sout
  • 45 ml (3 e) brouersgis
  • 250 ml (1 k) vlassaadmeel (lees die wenk onder)
  • 875 ml (3½ k) hawermout
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 180 ml (¾ k) amandelvlokkies

Maak só

Voorverhit oond tot 180 ºC. Smeer of spuit ’n bakplaat.

1. Meng die botter, grondboontjiebotter en bruinsuiker goed.
2. Voeg die eiers en vanielje by en klits tot goed gemeng.
3. Sif die sout, brouersgis, vlassaadmeel, hawermout en bakpoeier saam en meng deeglik.
4. Meng die droë en nat bestanddele deeglik.
5. Skep opgehoopte eetlepels vol beslag op die bakplaat. Die mengsel is taamlik taai. Druk elke koekie plat. Bak 15 minute. Die koekies is sag en taai, nie bros nie. Geniet dit saam met ’n glas melk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters