Kom on maak katjiebotter-balletjies
resepte

Kry al die klein mensies in die kombuis hierdie naweek en probeer hierdie maklike resep

BESTANDDELE: 

  • ½ k (125 ml) hawermoutvlokkies
  • ¼ k (60 ml) klapper
  • 2 t (10 ml) kakaopoeier
  • 1 t (5 ml) chia-sade
  • ¼ k (60 ml) onversoete grondboontjiebotter
  • 2 e (30 ml) heuning

GAAN SO TE WERK

1. Meng die hawermout, klapper, kakao en sade.

2. Meng die grondboontjiebotter en heuning.

3. Voeg die twee mengsels bymekaar en meng goed.

4. Rol balletjies in jou palms omtrent so groot soos druiwekorrels. (Onthou, dis vir ’n klein mondjie bedoel.)

5. Plaas oornag in die yskas. Die balletjies kan ’n week lank in die yskas gehou word, maar hulle gaan lank voor dan op wees! 

Kook jou kinders graag by die huis? Help mamma en pappa? Stuur ons jou stories web@babaenkleuter.co.za  Ons publiseer dit graag. Onthou as jy anoniem wil bly stuur ons 'n epos.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters