Koud & lekker: Vrugteroomys

Bestanddele

  • 2 piesangs, opgesny
  • 500 ml (2 k) aarbeie, in stukkies gesny
  • 125 ml (½ k) vanieljejogurt

Gaan só te werk

1. Vries die opgesnyde piesang en aarbeie tot hard in die vrieskas.
2. Plaas die gevriesde vrugte en die jogurt in ’n voedselverwerker en meng goed saam.
3. Plaas die mengsel vir sowat ’n uur weer in die vrieskas, tot dit hard is, maar steeds sag genoeg om te kan skep.
4. Skep balletjies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters