Lus vir vis

Bestanddele

  • 4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 60 g (2 e) botter
  • 60 ml warm melk
  • 300 g I&J Oak Smoked Haddock (skelvis)
  • 300 g I&J Deep Water Hake (stokvis)
  • 250 ml (1 k) bevrore ertjies en mielies
  • 450 ml melk
  • 60 g (2 e) botter
  • 60 ml (2 e) meel
  • 1 handvol pietersielie, gekap
  • 1 suurlemoen se gerasperde skil, en helfte van die sap
  • 1 lourierblaar

Gaan so te werk

1. Voorverhit die oond tot 200° C.
2. Kook die aartappel in soutwater vir ongeveer 15 minute. Dreineer, en maak fyn saam met die warm melk en botter. Dis jou kapokbolaag.
3. Plaas die vis, melk, suurlemoenskil en lourierblaar in ‘n oondvaste bak. Bak vir 20 minute. Haal die vis uit en hou die melk eenkant om die witsous mee te maak.
4. Vlok die vis, verwyder enige vel of grate, en sit terug in die oondbak. Sprinkel die mielie en ertjies bo-oor.
5. Smelt die botter in ‘n kastrol oor lae hitte. Roer die meel by en die melk wat eenkant gehou is. Laat prut vir sowat 15 minute, en klits elke nou en dan.
6. Voeg die pietersielie by en sout, indien nodig. Laat effe afkoel, en voeg dan die suurlemoensap by. Giet die mengsel oor die vis.
7. Skep die kapokaartappel bo-oor die vismengsel. Bak vir 20 minute tot goudbruin bo-op.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters