Plaatkoekies

Bestanddele

? 1 k (140 g) koekmeel
? 2 t (10 ml) bakpoeier
? ½ t (2,5 ml) sout
? 2 e (30 ml) strooisuiker
? ¾ k (190 ml) Clover Mmmilk
? ¼ k (60 ml) Clover Danone Nkomazi
? ¼ k (60 g) gesmelte Clover Springbok-botter
? 1 eier
? 1 e (15 ml) gesmelte Clover Springbok-botter om die pan te smeer.

Om voor te sit

? ½ x 385 g-blik Clover-kondensmelk
? 3 piesangs, in skyes gesny
? suurlemoensap
? ¼ k (25 g) amandelvlokkies, gerooster
? 1 k (250 ml) Clover-room, geklits (opsioneel)

Gaan so te werk

1. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer die strooisuiker by.

2. Klits die melk, karringmelk, botter en eier liggies saam in ’n aparte mengbak.

3. Giet dit oor die droë bestanddele en klits tot gemeng. Bedek met kleefplastiek en laat dit 15 minute staan.

4. Verhit ’n bietjie van die botter in ’n groot braaipan oor matige hitte. Skep sowat 30 ml beslag per plaatkoekie in en bak 2 tot 3 minute of tot borreltjies op die oppervlak vorm. Draai dit om en bak nog 2 minute tot goudkleurig en gaar.

5. Sit dit warm voor met kondensmelk, piesangskyes, vars uitgedrukte suurlemoensap, amandelvlokkies en geklitste room indien verkies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters