Te pragtig!

Tiara vir 'n prinses

  • Rol ’n stukkie geel plastiese versiersel uit. Druk ’n blom van sowat 8 cm uit met ’n blomdrukker en sny die blom in twee dele.
  • Druk patroontjies op die tiara uit met ’n hartjie-, blommetjie- of sterretjiedrukker.
  • Maak gaatjiepatroontjies al om die tiara se rand met ’n skerp instrument.
  • Drapeer die tiara oor ’n halwe plastiekbottel om ’n geboë voorkoms te verkry wanneer dit droog is. Plaas dit eenkant tot kurkdroog.
  • Plak klein eetbare goue balletjies op die tiara vir versiering, of verf die tiara met strepies eetbare gom en vryf ’n bietjie eetbare glinsterpoeier daaroor vir ’n baie mooi effek.
  • Rol ’n druifkorrelgrootte balletjie geel plastiese versiersel in ’n wurmpie wat effens langer is as die tiara se onderkant en druk ’n patroontjie op die wurmpie met die agterkant van ’n viltpendoppie.
  • Smeer ’n bietjie eetbare gom op die wurmpie en plak dit in posisie op die tiara vas. Stut die tiara en plaas dit eenkant tot heeltemal droog.

Seerowerhoed

  • Rol ’n albastergrootte stukkie swart plastiese versiersel in ’n dik wurmpie met twee skerp punte. Maak een kant van die wurmpie effens plat met die vingers terwyl dit aan die ander kant dik gelos word.
  • Sny met ’n skerp messie ’n gleuf in die onderste dik kant van die hoed. Maak die gleuf met die vingers groter sodat dit soos ’n opening vir ’n kop lyk.
  • Rol vier ertjie-grootte stukkies wit plastiese versiersel in vier wurmpies met twee dik kante elk. Maak ’n duikie in elke breë deel met ’n instrument.
  • Plak die twee bene oorkruis weerskante van die hoed vas met ’n bietjie eetbare gom.
  • So nie, kan die bene net aan die een kant van die hoed geplak word en die maatjies se name met eetbare wit verf op die ander kant geverf word.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters