Baba & Kleuter Reg vir Skool

Die sleutel tot sukses op skool is ‘n goeie begin. Reg vir Skool is Baba & Kleuter se digitale gids vir Afrikaanse ouers wat hul kinders op ’n prettige manier wil toerus met al die vaardighede wat nodig is vir graad 1, sodat hulle die jaar met entoesiasme en selfvertroue kan begin.

Die proses begin tydens die babajare, want ontwikkelingsmylpale bou op mekaar. Reg vir Skool dek alles: groot motoriese vaardighede, fyn motoriese vaardighede, taalvaardighede, syfervaardighede, visuele vaardighede, emosionele gereedheid, lewensvaardighede en kreatiwiteit.

Aktiwiteite en raad word vir elke ouderdom gegee, vanaf babatyd tot 5 jaar oud sodat ouers die regte speletjies op die regte ouderdom kan aanmoedig.

Met Reg vir Skool is skoolgereedheid sommer kinderspeletjies! Met dank aan ons borg, Crayola. 80+ bladsye, NOU GRATIS!

Maak só om die digitale tydskrif vir jou tablet of rekenaar te koop:

  1. Besoek https://www.mysubs.co.za/magazine/reg-vir-skool OF bel 0861 697827
  2. Tik "Reg vir Skool" in die soekveld om die tydskrif op te spoor.
  3. Volg die instruksies om te registreer en 'n rekening te skep.
  4. Kies die tydskrif.
  5. Gaan na "My library" waar jou tydskrif sal verskyn. Nou kan jy dit op jou rekenaar lees

Lekker speel! 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters