Oulike leermateriaal vir jong kinders in Afrikaans

Baba & Kleuter se Reg vir Skool digitale gids en werkstukke

Reg vir Skool is Baba & Kleuter se digitale gids vir Afrikaanse ouers wat hul kinders op ’n prettige manier wil toerus met al die vaardighede wat nodig is vir graad 1, sodat hulle die jaar met entoesiasme en selfvertroue kan begin. Die proses begin tydens die babajare, want ontwikkelingsmylpale bou op mekaar.

Reg vir Skool dek alles: groot motoriese vaardighede, fyn motoriese vaardighede, taalvaardighede, syfervaardighede, visuele vaardighede, emosionele gereedheid, lewensvaardighede en kreatiwiteit. Aktiwiteite en raad word vir elke ouderdom gegee, vanaf babatyd tot 5 jaar oud sodat ouers die regte speletjies op die regte ouderdom kan aanmoedig. Met Reg vir Skool is skoolgereedheid sommer kinderspeletjies. Koop die 80-blad gids teen slegs R0.

https://flipsubs.com/single/97

Depicta

http://www.depicta.co.za/

Hierdie webtuiste verkoop plakkate, flitskaarte, borde, plakkers en groot- en werkboeke in Afrikaans en Engels.

Storiewerf

http://storiewerf.co.za/

Hierdie oulike webwerf is 'n tuiste vir alle kinders wat hou van lees in Afrikaans. Daar is oulike stories vir beginnerlesers, geheime vir jong skrywers, resensies, grilstories en ander wonderlike afdelings om jou jong lesertjie te prikkel.

MySlimKind

https://www.myslimkind.com/

Hierdie is 'n oulike intekenprogram wat vir jou elke twee maande 'n Slimboks by jou huis aflewer, gevul met speelgoed, aktiwiteite, inligting en advies van kenners spesiaal aangepas vir jou kind se ouderdom. Dis gepas vir kinders van 0 tot 6 jaar, en help jou kind om spesifieke mylpale te bereik.

FAK Elektroniese Sangbundel

http://www.fak.org.za/elektroniese-sangbundel/

Hier kan jy al die liedjies in die eerste sangbundel se woorde en klavierbegeleiding aflaai! 

Kinderwerf

http://www.kinderwerf.co.za/

Kinderwerf is ‘n Afrikaanse opvoedkundige webwerf wat kwaliteit, unieke Afrikaanse opvoedkundige produkte aan ouers en skole verkoop. Die produkte is gebaseer op die nasionale kurrikulum en daar is heelwat gratis drukstukke.

Little One

http://store.little1.co.za/

Little One produkte is spesiaal ontwerp vir ouers, oppassers en juffrouens wat opsoek is na bekostigbare opvoedkundige hulpmiddels om klein breintjies te leer en stimuleer. Daar is sowat 400 Afrikaans en Engelse opvoedkundige produkte wat die perfekte leermateriaal is vir baba tot 5 jaar oud. As jy inskryf op die nuusbrief, sal jy ook gereeld gratis drukstukke ontvang.

Practica

http://www.practicakids.co.za/

Practica is 'n volledige program met meer as 4,000 speletjies en aktiwiteite om saam met jou kind te doen, vanaf babastadium tot op 7 jaar. Die speletjies is deur terapeute en kenners saamgestel en fokus op al 50 vaardighede wat 'n kind nodig het om gereed te word vir skool. Dis beskikbaar in Afrikaans en Engels.

Mieliestronk

http://www.mieliestronk.com/

Hierdie omvattende webtuiste is miskien nie veel om na te kyk nie, maar bevat hordes artikels/lesse oor 'n magdom onderwerpe. Dis perfek vir ouer kinders se huiswerk en take.

Huisgenoot Klaskamer

http://klaskamer.huisgenoot.com/

Huisgenoot se Klaskamer bied 'n verskeidenheid inhoud wat kenners vir leerders saamgestel het. Dit is perfek vir skooltake, vir leerders wat hul kennis wil verbreed of as jy net nuuskierig is oor 'n spesifieke onderwerp. 

Benny Brainbox

http://www.bennybrainbox.co.za/

MarcoMedia bied goeie, bekostigbare materiaal vir kleuterontwikkeling. Hul skoolvoorbereidingspakket bevat 'n reeks boeke vir grondslagfase en skoolvoorbereiding van kleuters van 4 tot 6 jaar in Afrikaans en Engels. Dit fokus op skrif- en syfervaardighede, basiese Bybelondderrig, en bied ook aktiwiteitboeke.

Pearson: Slimkoppe Lees!

http://shop.pearson.co.za/primary/slimkoppe

Internasionale opvoedkundige uitgewer Pearson bied nou die gewilde Slimkoppe Lees!-reeks asook handboeke vanaf graad 4 in elektroniese formaat aan sodat julle dit by die huis op jul e-lesers/tablette kan gebruik.

MacMillan Education

http://www.macmillan.co.za/catalogue/foundation-phase/1

Internasionale boekuitgewer MacMillan Education bied wonderlike leerboekies van graad 1 tot graad 12 (en ook vir naskoolse onderrig – ma, as jy dalk verder wil leer!). 

Ant Books

http://antbooks.co.za/

Ant Books bied Suid-Afrikaanse opvoedkundige materiaal wat Afrikaans, Engels, wiskunde, isiZulu en pre-graad 1 materiaal insluit.

Dawid van Lill se vasvraprogram

http://www.dawidvanlill.com/tuisskool.html

’n Weeklikse algemene kennis-, kurrikulum- en nuusvasvraprogram deur Flinkdink-wenner en algemene kenniskoning Dawid van Lill.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters