Baba lê verkeerd

Vraag:

My baba lê met die stuitjie na onder. Hoe kan ’n vroedvrou help om haar te draai? Ek het gehoor van ’n lig wat vroedvroue op die maag skyn om die baba aan te moedig om te draai. Is dit die enigste manier, of is daar ander metodes?

Antwoord:

Babas draai tussen 32 en 36 weke swangerskap in die regte kraamposisie met hul kop na onder. As jou baba nie draai nie, kan jy die volgende onskadelike tegnieke beproef voor jou dokter of vroedvrou jou baba van buite af draai:

  • ¬Bevrore ertjies Die ertjies is koud, en babas hou van gemak. As jy die bevrore ertjies op die hoogste punt van jou baarmoeder plaas, sal dit jou baba aanmoedig om weg van die koue te beweeg. Gebruik dié tegniek so dikwels as nodig tot jou baba met sy kop na onder lê.
  • Musiek Speel musiek so na as moont-lik aan die been wat net onder jou blaas geleë is. Jy kan oorfone daarop sit en die musiek hard draai sodat jou baba dit kan hoor. Dit kan jou baba aanmoedig om nader aan die klank te beweeg.
  • Brugkanteling Dis ’n oefening wat jy tuis kan doen. Die idee is om jou bekken hoër as jou skouers te kry. Die maklikste is om so op ’n strykplank teen die muur te lê dat jou voete hoër as jou kop is. Dié posisie kan jou dalk duiselig laat voel; doen dit dus net vir kort rukkies. Gesels egter eers met jou dokter of vroedvrou voor jy so iets aandurf.
  • Lig Die lig motiveer jou baba om soontoe te beweeg. Skyn ’n ¬ikkerlig op jou bekken. Jy kan dié metode saam met die bevrore ertjies inspan.
  • Swem As jy bors- of kruipslag swem, help jy jou baba om te draai. Swem is ook ’n lekker en gemaklike oefening wanneer jou maag swaar en onder druk voel teen die einde van jou swangerskap.
  • Posisie Soms het babas net plek nodig om te draai. Staan gereeld handeviervoet en doen lons-bewegings (lunges).
  • Ander tegnieke Akupunktuur, moxibustion (’n Chinese geneeskundige praktyk), en die Webster-tegniek wat ’n chiropraktisyn toepas, is meer gevorderd en moet deur opgeleide mense uitgevoer word.
  • Eksterne versie Jou dokter of vroedvrou kan jou baba van buite af met hul hande na onder draai. Dis soms baie ongemaklik, maar is doeltreffend as baba saamwerk en jou versorger geoefen is in die tegniek.

Die waarheid is ongelukkig ook dat nie alle babas draai nie. ’n Keisersnee is dan die beste opsie om seker te maak jou baba word veilig gebore.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters